< < < Back


Ruan Josh

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 28 April 2024

Times:

Information:

Time: 14h00-16h00!

Ruan Josh is ‘n 32 jarige sanger, akteur, aanbieder, boer en besigheidsman wat al meer as 15 jaar se ondervinding in die plaaslike musiekbedryf agter die blad het. Van sy loopbaan hoogtepunte sluit in: 1. Debuutalbum “Eggo” in 2017 wat Goue Status bereik het. 2. Sy deel in die Du Plessis familie Trio met albums soos “Kaalvoetkinners” (2017) en “Sing Country” (2021) 3. Produksiedeelnames by Krone (2018), Afrikaans is Groot (2013 – 2015) 4. Aanbieder van “Klein begin” (2018) op SABC 2 5. Agtergrond stemwerk op meer as 50 Afrikaanse treffers 6. Wenner van beste byspeler in SA by die ATKV Tienertoneel in 2008 as deel van Hoërskool Die Wilgers se verhoogensamble. Na Ruan Josh se reuse sukses met “Provider” in 2020, met meer as 800 000 strome, het hy daarmee bemoediging op presies die regte tyd vir mense gebring. Die treffer is opgevolg met “Go Rest High on that mountain” en weereens het hy die land vertroos met sy talent omdat hy self iemand naby aan hom verloor het tydens die gren deltydperk. Alhoewel die hele wêreld in ‘n tyd van verlies gewoond moes raak aan die nuwe normaal as gevolg van Covid19, bewys Ruan die teendeel met sy nuwe enkelsnit “Verlore”. Dit is sy eerste kommer siële liedjie in drie jaar wat hy vrystel en kom uit sy eie pen in samewerking met sus Franja. In die tyd wat die musiekbedryf ongelooflik swaar trek, kry Ruan dit reg om aan te hou vorentoe beur met nuwe musiek en ‘n vars aanslag en kan hy nie wag om dit vir mense op te voer nie… “Musiek is soos asemhaal vir my, dis deel van my wese en ek glo musiek spreek oor alle grense heen. Dit troos, bemoedig, verryk en bring lekker tye mee. Ek glo musiek vloei in al die krake van die lewe in en maak gesond en dinge beter. Dis juis hierdie feit wat my die vaste oortuiging gee dat dit my skeppingsdoel is om by mense uit te kom en hulle iets te gee wat hulle nie geweet het vermis is nie. Hetsy dit deur dansmusiek, diep balades of geestelike musiek is, een ding moet hulle weet… Jesus Christus is die middelpunt van my bestaan en die lewe saam met Hom is soveel beter as op ons eie.