< < < Back


Liezel Pieters

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 27 April 2024

Times:

Information:

Time: 14h00-16h00!

Liezel Pieters het op negejarige ouderdom reeds geweet sing, en die verhoog, is bedoel vir haar. Dit het gekom nadat ’n onderwyseres vir haar gesê het sy sing mooi. Vandag is sy een van die grootste stemme in Afrikaans en ’n kunstenaar van Coleske Artists waar sy skouers skuur met van die land se grootste en mees talentvolste kunstenaars. Haar nuutste enkelsnit, Plus Minus Maal Deel, is pas onder die vaandel van die talentvolle span by dié platemaatskappy vrygestel en met hierdie liedjie bewys Liezel weer waarom sy regmatig haar plek as een van die land se blinkste sterre inneem. Die uitreiking van haar debuutalbum, Sing Uit My Hart Uit, in 2017, staan vir haar uit as een van haar hoogtepunte en treffers soos Asemloos en Miljoene Druppels is op dié album ingesluit. Sing Uit My Hart Uit is ook bekroon met ’n Ghoema-toekenning vir die Beste Kontemporêre Album deur ’n Vroulike Kunstenaar in 2018. Die musiekvideo vir haar treffer, Asemloos, het reeds 2 miljoen kyke op YouTube geniet terwyl Droë Riviere al 1,6 miljoen kere geyk is. “As kind het ek deelgeneem aan al wat ’n sangkompetisie en revue was en ek is so dankbaar oor waar ek myself nou bevind met my sangloopbaan,” het sy vertel. Liezel hou haar konserte energiek en konsert- en feesgangers geniet veral ook die insluiting van goue treffers uit die tagtiger- en negentigerjare. Haar vertolking van dié treffers is in die kol en herinner aan ’n Belinda Carlisle-optrede. As Liezel nie voor die mikrofoon is nie, geniet sy wegbreke in die bosveld en is tans ook betrokke by ’n projek by ’n wildsplaas se Lodge. “Ek sien myself oor 20 jaar juis as ’n suksesvolle wildsplaas eienaar wat op die stoep sit met ’n lekker koppie koffie terwyl ek oor die bosveld horison uitstaar,” het sy vertel. Liezel se paaie het vroeg in haar loopbaan al met dié van die Coleske-familie gekruis toe sy as agtergrondstem op die groep EDEN se albums opgetree het. Sy was ook ’n bekende gesig as agtergrondsangeres by die gesogte Afrikaans is Groot-konserte wat ook deur Coleske Artists aangebied word. Selfs met al die sukses in haar loopbaan en ’n opwindende toekoms wat wag, bly Liezel nederig en is nie skaam om te erken dat sy weet wie haar Skepper is nie. Liezel Pieters se musiek kan alles op digitale platfroms soos Apple Music geniet word. Kyk ook uit vir haar musiekvideo van Plus Minus Maal Deel wat saam met die snit beloof om haar aanganhers lekker te bederf. Hierdie jaar beloof om ‘n hoogtepunt vir Liezel en haar musiek te wees. HOOGTEPUNTE: ? Afrikaans is Groot-produksies ? Krone-konserte ? Ghoema-toekennings in 2018 vir beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar 2018 ? Verlowing in 2020 ? Innibos-konserte.