Ryk Kleinhans is ’n opkomende ster in die Afrikaanse
musiekbedryf, bekend vir sy energieke verhoogoptredes,
aansteeklike dansritmes en sy kenmerkende kitaar in die
hand. Gebore en getoë in Bloemfontein, het Ryk vinnig ’n
indruk gemaak met sy dinamiese verhoogpersoonlikheid,
treffende klanke en natuurlike sjarme.
In 2025 het Ryk amptelik sy toetrede tot die kommersiële
musiektoneel gemaak toe hy by Select Musiek
aangesluit het. Sy debuutsingle, Wat Ek
Wil Hoor, is vervaardig deur die
bekroonde Murray Lubbe en
kombineer dansbare klanke
met eerlike, deurleefde
lirieke. Die lied het vinnig
opslae gemaak en ’n sterk
eerste indruk gelaat van
wat Ryk as kunstenaar
bied.
Sy opvolgsnit, Janie,
bevestig sy veelsydigheid
en verhoogaanvoeling.
Hoewel hierdie liedjies sy
eerste amptelike
vrystellings is, is Ryk
allermins ’n nuweling op
die verhoog. Hy het reeds
landswyd opgetree en het
’n lojale aanhang opgebou
danksy sy opregtheid,
passie en aansteeklike
energie. Sy sosiale media-
teenwoordigheid dra by tot
sy groeiende sukses, met
aanhangers wat aanklank vind
by sy egtheid en charisma.
Met ’n diep liefde vir musiek en
’n geloof in die waarde van drome
nastreef, bring Ryk Kleinhans ‘n
vars en opwindende klank na die
Afrikaanse musieklandskap – een
wat gehore verdien en harte wen.