< < < Back


Jay Morgan

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

 

Date: 17 October 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

AFRIKAANSE KUNSTENAAR

'n Stem wat uit die hart sing

Jay Morgan, gebore op 9 Junie 1994 in Germiston, Gauteng, is 'n talentvolle

en toegewyde Afrikaanse kunstenaar wat sy passie vir musiek reeds op 'n

jong ouderdom ontdek het.

Ten spyte van 'n uitdagende kinderjare waarin hy in kinderhuise

grootgeword het, het hy op sesjarige ouderdom sy liefde vir sang en

musiek ontwikkel, wat die grondslag van sy loopbaan gevorm het.

As onafhanklike sanger werk Jay daagliks met toewyding en deursettingsvermoë

aan die uitbou van sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Hy is ook deel van die Bitter Lekker-, Rug Teen Rug- en Ontbytsake-spanne,

waar hy sy passie vir vermaak en musiek verder uitleef.

Met sy vars, moderne en oorspronklike Afrikaanse liefdesliedjies raak

Jay Morgan diep aan luisteraars se harte. Hierdie jong kunstenaar van Delmas

het vinnig naam gemaak met sy aantreklike verhoogpersoonlikheid, sterk

verhoogaanwesigheid en kenmerkende stem wat gehore landwyd beindruk.

2021

Sy inspirasie

2022

AFRI-INDIE

Jay put inspirasie uit die hoogtepunte en

AFRI-INDIE

MUSIEKTOEKENNINGS

uitdagings van die lewe wat hy saam met

MUSIEKTOEKENNINGS

NUWELING

sy vrou beleef op hul reis na die

VAN DIE JAAR

verwesentliking van hul drome.

SERTIFIKAAT VIR

Haar onwrikbare ondersteuning deur tye

NEON LIGTE

van sonskyn en storms dien as sy anker en

ORIGINELE ELEKTRONIESE

bly 'n belangrike bron van motivering in

DANSMUSIEK-ENKELSNIT)

sy persoonlike en professionele lewe.

Deur sy loopbaan was Jay ook bevoorreg om die verhoog te deel met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars,

Dirk van der Westhuizen, Deon Groot, Liani May, Fatman, Dusty Dixon, Desmond Wells,

Monique Steyn, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers, om slegs 'n paar te noem.

Met sy passie, talent en vasheradenheid bewys Fay Morgan steeds

dat hy alles in hom het om 'n blywende indruk op die

Suid-Afrikaanse musiektoneel te maak.