Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 06 September 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! ADAM
is al lank genoeg in die musiekbedryf om van beter te weet… maar op een of
ander manier doen hulle dit steeds nie. Sedert
Hugo Ludik ADAM in 2009 gestig het, het die groep ’n indrukwekkende versameling
goue albums, Ghoema-toekennings, ’n SAMA, verskeie nommer-een-treffers op radio
en ’n gesonde versameling liedjies bymekaargemaak wat gehore steeds woord vir
woord saam kan sing. Dit
sluit gunstelingliedere in soos Liefde Soldaat, Hoogtevrees, Huurvry, Goud,
Kasteel, Smoorverlief en Sal Oorlog Vir Jou Maak — die temalied van die
Afrikaanse rolprent Pad na jou Hart, wat ook met ’n Ghoema-toekenning vir Lied
van die Jaar bekroon is. Die
huidige vertonings bring Hugo Ludik, Christoff de Beer en Nicholas Jordaan
saam. Die drie sangers, liedjieskrywers en musikante spog met ’n ongelooflike
hoeveelheid jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hugo
het ADAM in 2009 gestig, Christoff is al vir jare deel van die ADAM-familie,
terwyl Nicholas, die nuutste lid, ook bekend is as deel van Rubber Duc en
Bosduif. Maar
vergeet van die CV, want ’n ADAM-vertoning gaan eintlik oor groot liedjies,
driestemmige harmonieë, stories, verskriklike grappies, versoeke wat hulle dalk
later sal berou, en drie volwasse mans wat hul absolute bes probeer om nie soos
volwasse mans op te tree nie. Kom
sing saam. Hulle
gaan waarskynlik ook.