< < < Back


Julanie J

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 18 April 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


Julanie J is 'n jong, talentvolle Suid-Afrikaanse sanger en

liedjieskrywer wat aanvanklik bekendheid verwert het vir haar

Christelike musiek, maar nou ook uitblink in die Afrikaans/ Pop

en kontemporere genres met splinteruwe materiaal wat sy

spesiaal vir hierdie gehore ontwikkel het.

Die passievolle sangeres se aanloop tot sukses het in alle erns

afgeskop in 2016, toe haar debuut- album Spirit Breakout binne

minder as 24 uur van vrystelling Top 20 erkenning behaal het op

die internasionale iTunes-ranglys, en terselfde tyd aangedui is

as nommer 3 op ons plaaslike ranglys. Sy is ook in dieselfde jaar

op die ouderdom van 19 genomineer vir 'n Mzansi-toekenning -

'n enorme eer en prestasie vir 'n relatiewe nuweling in die Suid-

Afrikaanse kalklig. Julanie J se musiek-loopbaan strek egter veel

verder terug; sy het reeds op die ouderdom van 4 haar eerste

liedjie gekomponeer, en Spirit Breakout bevat werke wat sy

onderskeidelik op ouderdom 9, 11 en 13 geskep het.

Deesdae is sy kliphard aan die werk aan nuwe musiek vir haar

eie platforms, maar ook in groot aanvraag onder ander plaaslike

en internasionale musikante wat in groot getalle aanklop vir haar

gesogte liedjieskryf- dienste.

Warner Music South Africa het vanaf 2019 tot 2022, Vyf

Afrikaanse enkelsnitte as ook Julanie se eerste Afrikaanse

album *Mooi" uitgereik . People magazine noem haar "South

Africa's new pop princess" en 'n onlangse Huisgenoot resensie

sê dat Julanie "beslis 'n kunstenaar is om dop te hou." Met

Snitte soos "Sandkastele, Dalk is Ek, Liefde wat ons Heelmaak"

en die radio treffer "Arm" weet ons Julanie is verseker hier om te

bly

Tot groot eer vir Julanie J, wat as kind visie-probleme ervaar het,

was sy in 2017 aangewys as 'n Ster- Kinekor 'Vision Mission'

ambassadeur. "Deur my wedervaringe as kind het ek geleer dat

daar steeds 'n groot stigma bestaan rondom bril-dra, as ook visie

probleme en ek wil hierdie platform gebruik om kinders daarbuite

aan te moedig om hulself te aanvaar net soos hulle is sodat hul

kan uitblink in alles wat hulle aanpak," vertel sy.

Ten spyte van haar snelle sukses en blink toekoms, bly Julanie J

steeds 'n nederige Afrikaanse meisie met haar wortels diep

gedelf in haar geloof, gemeenskap en familie. "Ek is 'n gewone

meisie met 'n groot liefde vir die lewe, my mense en 'n lekker

groovy bassline. Ek is die jongste van ses kinders en reeds die

trotse tannie van 'n hele paar rakkers. My mense, bloed of nie, is

my alles."