Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 16 November 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Priscilla
is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie. Na haar groot suskes met SABC 2
Supersterre se TOP 3 en meer as 1,3 miljoen kykers per week het haar
sangloopbaan van krag tot krag gegaan. Oor die jare het sy die land plat getoer
met vele No 1 posisies op verskeie radio stasies. Vandag leef haar passie vir
musiek steeds voort. Wat haar optredes betref, weef sy kunstig tussen ballades
en sneller ritmes sodat jy die heel soetste, suiwer vreugde beleef. Wanneer ‘n
sanger die waarde van interpretasie verstaan, waarborg dit sukses. Haar
briljante professionele verhoogoptrede is energiek, sensasioneel en oorrompel
elke lid van die gehoor – maak nie saak watter ouderdom nie. Haar
goue vertolkings van nuwe, sowel as immergroen nommers is pure plesier. Juis
daarin lê haar wenresep: daar’s iets vir almal om te geniet, en dit doen hulle
ten volle. Haar optrede het telkemale die gehoor op hulle voete terwyl hulle
smeek vir nóg!! Priscilla
is ons plat op die aarde, donkerkop nooi van die platteland wat met die eerste
oogopslag diep in elke hart inkruip. Haar spontane liefde vir mense en haar
Skepper is aansteeklik.