Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 29 June 2025
Times:
Information: Time: Between: 14h00 – 16h00! Deon Groot, alias Deon Laubscher,
gebore in Omaruru, Namibië, is 'n Suid-Afrikaanse sanger
en liedjieskrywer. Hy is veral bekend vir sy Afrikaanse liedjies wat in 2016 deur
die platemaatskappy Sony Musiek uitgereik is. Gee my oor, Bietjie,
Lepellê, As ek net jou man kon wees en Is die koeël deur die
kerk was onder andere landswye treffers. Verdere treffers met die
Universal Musiekgroep in 2019 was met liedjies soos “Wyn",
"Hemelpoorte", "toonstoot", "Los", "Ek
Sweer” en “Prikkel”. In 2023 sluit Deon aan by die Vonk Musiek Groep en bring
uit die die treffers "die Een" en "o'lyfie". Biografie [wysig | wysig bron] In 1994 het
sy ouers na Alexanderbaai, Noord-Kaap, verhuis waar Deon ook
gematrikuleer het. Na sy studies in Kaapstad by die Kaapse Technikon, het
Deon as 'n diamanthanteerder gewerk op die Alexkor Diamantmyn en later na Pretoria verhuis vir 'n beter
werksgeleentheid waar hy onder meer vir die Protea Coin Sekerheidsgroep, Denel
Land Systems, DHL en Imperial Logistics as risikobestuurder gewerk het. Loopbaan [wysig | wysig bron] In 2007 het
Deon se musiekloopbaan begin toe hy 'n karaokekompetisie gewen het in Centurion, Gauteng, waar hy steeds tot hede
woon. Sedertdien het hy aan talle geleenthede deelgeneem om homself as
kunstenaar te vestig in die musiekbedryf. In 2014 het
Deon sy eerste twee opnames gedoen, Muskeljaatkat en Rooikappie.
Met 'n terugslag in 'n persoonlike verhouding gebruik Deon sy musiek om 'n
boodskap van hoop oor te bring na sy gehore en wil die boodskap tuisbring dat
mens altyd weer moet opstaan en weer 'n uitdaging moet aanpak. Die lied, 400
voet van oor begin, is geskryf om boere in droogte hoop te gee, in
samewerking met Adam Tas en
is vrygestel op die album: Manna vir die Boere. In 2017 stel
Deon 'n album vry in samewerking met Sony Musiek Suid-Afrika en die
daaropvolgende jaar het hy aan sy eerste groot optrede, Krone 4,
deelgeneem asook ander nasionale kunstefeeste onder andere: Klein
Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos
fees en
die Luister fm fees. In 2019 het hy in samewerking
met Universal Musiek die album, Deon Groot, vrygestel wat meer aan
sy identiteit en missie gekoppel is om luisteraars te inspireer. Die album was
vir 'n Bokkie-toekenning benoem en Deon het ook tydens hierdie geleentheid
opgetree.
Groot se lirieke is geskoei op
moderne country met 'n Namakwalandse ondertoon wat hy met 'n popmusiek klank
kombineer. Groot het al verskeie televisie optredes onderneem, onder
andere: Emo Adams se televisieprogram, Jou
Show, kykNET se musiekprogram, Juke
Box, die ontbytprogram op SABC, Exspresso,
die geselsprogram op SABC 2, Pasella,
die geselsprogram op kykNET, Toks en Tjops, SABC se program, Kliphard en Klink
soos Naweek op die Via-kanaal. In 2018 het
Deon 'n kontrak geteken om saam met Universal Musiek Suid-Afrika te werk en het
ook die treffer, Wyn, onder hierdie platemaatskappy in 2019
vrygestel.