< < < Back


Father's Day Celebration with Charlize Berg

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 15 June 2025

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Charlize sing al van die jong ouderdom van 12 af en het dit sedertdien gedoen. Gedurende haar eerste jare in die musiekbedryf het sy 'n prominente figuur in hoofstroom en populêre Suid-Afrikaanse musiek geword. Haar eerste album getiteld "Charlize Berg" het uitstekend gevaar met Suid-Afrikaanse gehore en het sy al op getree by talle bekende feeste en verhoog reg oor die land. In 2012 is sy genomineer vir drie Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMAs) in die kategorieë "Beste Pop Album van die Jaar", "Beste Vroulike Kunstenaar" as ook "Beste Liedjie" saam met Heinz Winkler vir hulle treffer duet "You&I". In 2016 is sy ook genomineer vir die "Beste vroulike pop-album" tydens die bekroonde Ghoema Toekennings. Charlize het ook die hoofrol vertolk in die bekende Pantomime “Doring-Rosie” waar sy gehore weggevoer het in 'n regte sprokies verhaal. Haar musiek het voort gegaan om talle aanhangers te inspireer en is steeds bekend vir gewaagde nuwe klanke, treffende liedjies en kragtige vokale optredes. Haar nuutste enkelsnit "Hoog Tyd" vanaf haar eie pen, is tans besig om landswyd gehore te betoor en 'n volgende een is reeds oppad!