Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 18 May 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ruan Tennant is ’n talentvolle sanger met jare se ervaring in die musiekbedryf.
Sy reis het in 2007 begin toe hy as een van die Top 40-deelnemers in SA Idols
gekies is.
In 2010 het Ruan as een van die Top 6-deelnemers in Suppersterre opgetree, waar
hy ook die toekenning vir Beste Verhoogpersoonlikheid ontvang het.
In 2011 was hy bevoorreg om as een van die voorprogramkunstenaars vir Skouspel
by Sun City gekies te word, en in 2012 het hy deelgeneem aan SA’s Got Talent.
Tussen 2013 en 2018 het Ruan aan sy loopbaan gewerk, skoolkore afgerig en
musiek vir skoolrevues geskryf en saamgestel.
In 2018 het hy sy eerste enkelsnit, Wys My, vrygestel wat groot lof ontvang het,
veral die remix daarvan.
Sy talent het hom in 2020 op verskeie TV-programme soos 7de Laan, Binnelanders
en Musiek Paniek laat verskyn.
In 2021 was hy die voorprogram vir Irene-Louise van Wyk se toer, wat tot groot
sukses gelei het en verdere planne vir 2023 ingehou het.
Ruan se hoogtepunte sluit in die wen van die titel by Musiek Roulette in 2022 en sy
deelname aan KlankBank op VIA in 2023.
Coleske Artists het hom genader om sy enkelsnit Ek Voel Goed uit te reik, wat tans
oor 230 000 Spotify-strome het en steeds groei.
Hy tree gereeld regoor Suid-Afrika op en is die stigter van twee suksesvolle
sangkompetisies, The Singer en Die Stem, wat jong talent die geleentheid bied om
hul drome na te jaag.
Ruan is nie net ’n kunstenaar nie, maar ook ’n meester in sosiale media en die
vermaaklikheidsbedryf.
Hy het ’n ongelooflike passie vir musiek, skryf al sy eie liedjies, en is hard aan die
werk aan vars nuwe musiek vir 2025 – musiek met ’n nuwe klank en iets wat perfek
is vir die dansvloer.
Buite sy sangloopbaan is Ruan ook bekend as ’n talentvolle fotograaf en eienaar
van ’n suksesvolle bemarkingsbesigheid. Hy is ’n aanwins vir enige platform.