Entrance:
Date: 22 December 2024
Times:
Information: Between: 14h00-16h00! Dis al tien jaar
sedert hy sy eerste solo album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in
2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met
platinumstatus vir verkope. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het,
eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die
indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes,
stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans
van melodie en liriek waarborg weereens sukses, snit vir snit. Hy is tans besig
met opnames vir splinternuwe musiek wat vroeg 2020 bekendgestel word na die
duet versamelalbum met Lianie May, Beste van J&L 2018 die rakke getref het.
Sy musiek is ook nou digitaal op iTunes en vir streaming op JOOX beskikbaar.
Internetsukses met meer as 6 miljoen kyke vir Lê Bietjie Langer asook 2,7
miljoen kyke vir So Lank Sal Ek jou Liefhe en ‘n allemintige 8 miljoen kyke vir
Da Vat Hy bewys dat hy die partytjiekoning in Afrikaans bly. Met talle SAMA en
Huisgenoot Tempo toekennings asook vyf platinum en drie dubbelplatinum CD’s
agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy eerste
solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke
ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland,
sy marathon 14-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die
laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan
platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Inderdaad
indrukwekkende resultate. EDEN Hy was vir byna 14-jaar lid van Suid-Afrika se
gewildste boyband, EDEN. Hulle was hartebrekers wat knieë lam gemaak het net
waar hul gaan. Van hul treffers soos Point Of No Return, Knieë Lam, 54 5de
Straat, Lyf Teen Lyf, Superhero, Is Jy Bang en Dirty Dancing waarvan talle
steeds partytjiegunstelinge is. Die laaste EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie se
eerste single Dirty Dancing het orals op trefferparades gepronk en het selfs ‘n
Ghoema nominasie ontvang vir Beste Liedjie van die Jaar. Eden is ook in
dieselfde jaar vir ‘n Ghoema benoem as Groep Van Die Jaar en het ook ‘n SAMA
nominasie vir hulle album ontvang. JAY & LIANIE MAY Niemand sal ooit die
ikoniese Toe Stop My Hart vergeet wat van Jay & Lianie May SA se gewildste
duetpaar gemaak het nie. Na die weghol sukses van hulle eerste duetalbum,
Bonnie en Clyde, het hul die opvolg, Vir Liefde in 2016 uitgereik. Die Beste
van J&L is in 2018 vrygestel en die duetpaar bly ‘n gunsteling onder oud en
jonk met uitverkoopte konserte reg oor die land. ANDER Jay en sy gesin het ook
hul hand aan ‘n realiteitsreeks gewaag, Jay & die Boys in 2017 waarin sy
vrou, Mia hom en sy 4 woelwater seuns uitgedaag het om doen-dit-self-takies in
en om die huis aan te pak. Dit was ‘n wenner en het ‘n heel ander kant van Jay
as Pa en huweliksmaat gewys. Gebore in Sasolburg en gematrikuleer aan Hoërskool
Aliwal-Noord voor JAY na skool by die lugmag aangesluit het. Hier was hy deel
van die Kannaries-sanggroep. Hy het daarna musiekteater betree en in verskeie
groot produksies sy buiging gemaak voor hy by die sanggroep EDEN aangesluit
het. Hy is Pa van vier seuns – Aidan, Samuel, Luka en Jamie en as hy nie op die
verhoog of op die pad is nie hou hy van Pa wees. Hy is ook ‘n groot
diereliefhebber en geniet ‘n aftydjie in die bosveld of op die plaas.