Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 15 December 2024
Times:
Information: Time: 14h00-16h00! ELOFF
MAAK GOLWE IN DIE AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF Eloff is die
naam op almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat blitsvinnig
bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit ‘Johnnie Blou’
en opvolg snitte ‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op pad is na Goue
Status. Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse
kultuur vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distiller. Dis
minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy musiek, tong-in-die- kies lirieke en
onploffende energie word nou geniet by elke goeie partytjie. ‘Johnnie Blou’
pronk nogsteeds op trefferparades sedert die Platinum debuut-enkelsnit
vrygestel is. Die liedjie is glad op die ore maar tog smaak dit soos
die soetse Whiskey – perfek om jou partytjie se vure aan te steek. Na ‘Johnnie
Blou’ verseker Eloff homself weer ‘n posisie op die nommer een posisie op
trefferparades met sy tweede enkelsnit ‘Geheueverlies’ wat jou klap en
knal sal plaas in die middle van die esktra-kurrikulêre kant van studentelewe. ‘Witblits’ volg
wat nou sy nuutste enkelsnit is. Dit is die storie van ‘n windgat
stadsjapie wat verbode liefde najaag teen oënskynlike onoortreflike
struikelblokke ‘Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy
aanvaarding op
die laaste plek wat hy gedink het om te soek – ‘n lekker plaaspartytjie.