Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 08 December 2024
Times:
Information: Between: 14h00-16h00! Die sanger met die dimpel-glimlag het bewys sy musiek is oorspronklik, uit die hart en
genotvol. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en persoonlikheid maak hom
gewild by oud en jonk.
Gehard Steyn se nuutste treffer TENK VOL DIESEL LIEFLING! wat 30 Augustus vrygestel
is, het in enkele dae tienduisende kyke op You Tube behaal en klim daagliks met duisende
kyke. STERRE (met Liezel Pieters) is April vrygestel en staan al ver oor die 1 400 000
miljoen kyke. VAT DIE CRUISER het die land met storm gevat en staan al oor die 4 400 000
miljoen kyke op You Tube. PARTYKIEHONDE is kort daarna vrygestel. Gerhard se 2
enkelsnitte Lucky Packet Ring ’n duet met Charlize Berg en Groter as Goliat het groot
aanklank by sy aanhangers gevind.
Sy derduisende aanhangers ken sy liedjies baie goed, maar is nie altyd bewus dat elke
woord kom uit Gerhard se eie pen nie (maw hy skryf die lirieke self) en komponeer die
musiek (melodie) ook self. Verder dat hy ook vir ander kunstenaars skryf.
By AFRIKAANS IS GROOT se toekennings aand 28 Februarie 2024 ontvang Gerhard 6
toekennings:
Goud vir die skryf van Lucky Packet Ring.
Goud vir die help skryf van Monumentaal (van Ruhan du Toit).
Platinum vir die skryf van Vir Jou Geval (van Arno Jordaan).
Platinum vir Vat Die Cruiser se musiekvideo.
Dubbel Platinum vir die skryf van Vat die Cruiser.
Dubbel Platinum vir die skryf van Doenit Als vir Liefde (van Ivan Roux).
By Afri-Indie se Toekennings Aand gehou 7 Augustus 2024 is Gerhard vereer vir sy 22
jaar bydrae tot die musiekbedryf.
Hy maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te
tree.) Buiten sang en optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk, akteur wees, het hy ook die
produkies van kunstenaars behartig. As liedjie skrywer is van sy werk deur Ivan Roux, Dozi,
Anais, Helene Bester, Wynand Strydom, Rudi Muller, Ricky Faber en andere opgeneem.
Gerhard het tans 11 (elf) albums op sy kerfstok en saam met lg. het hy die afgelope 3 jaar
ook 6 (ses) enkelsnitte vrygestel. Hy glo dat ‘n sanger nie kan stagneer nie, maar
deurgaans met nuwe, vars en unieke musiek vorendag moet kom.
Buiten sang en optredes, het Gerhard ook ander talente. As akteur vertolk hy die hoofrol as
Will Olwage in die fliek “Forsaken” en daarna die hoofrol in die Afrikaanse film “Sewentig x
7 saam met Angelique Gerber. Hy vertolk die rol van JESUS in die aangrypende produksie
The Passion of Christ aangebied deur “Christian Family Church Internasional” en oor die
13 000 mense woon die 4 optredes by.
Gerhard het ook bekendheid onder die kykers as TV aanbieder verwerf. Gerhard Steyn en
die akteur Alvin Bruinders het hul eie TV program: Konings van Kitskos op VIA, Dstv
Kanaal 147. Die program het in 2023 reeds Seisoen 10 uitgesaai. Konings van Kitskos sorg
vir hope pret en vermaak.
Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Sy talent, oorspronklikheid,
potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik. Gerhard het
die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval
nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê.
Gerhard het in sy musiekloopbaan sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn
het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ’n enorme
hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen. Met al hierdie talente en
seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan
Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.
Gerhard se volgelinge op sosiale Media:
Facebook 199 000 & Instagram 44 000.