Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 30 November 2024
Times:
Information: Time: 14h00-16h00! Die naaswenner van Die
Kontrak se tweede seisoen, Dodo Nyoka, het die Afrikaanse musiekbedryf op hol
gejaag met die afloop van dié kompetisie, sy Afrikaans is Groot debuut en die
vrystelling van sy debuutalbum Foto’s, waarvan die titelsnit al meer as 13.5
miljoen strome tot op hede het. Nyoka is gebore in die
DRC, aan die grens van Rwanda. Hy het grootgeword in die Oos-Kaap en deesdae is
Benoni sy tuisdorp. Mense wat met Dodo te doen kry, sal verbaas wees om te leer
dat hy op skool gehakkel het. Dis waar hy tot sang en redenaars as kommunikasie
hulpmiddel gedraai het. In 2019 is hy as nasionale wenner van die
ATKV-redenaarskompetisie aangekondig en begin hy om motiveringsessies met
skoliere regoor die land te hou om geld in te samel vir renosterbewaring.
Soveel só, dat dit hom erkenning van die Britse koninklike familie opgelewer
het. Na skool kry hy ’n beurs by TUKS om siviele ingenieurswese te gaan
studeer, maar COVID-19 verander toe sy koers en begin hy 'n loopbaan in musiek
najaag. Dis toé dat Die Kontrak oor sy pad gekom het en sy lewe kom verander
het. Alhoewel Nyoka se
moedertale Xhosa en Frans is, is sy liefde vir Afrikaans diepgewortel. Hy het
sy biologiese familie en ook ’n Afrikaanse familie. Hy is trots op beide en
dankbaar vir wat hulle vir hom gedoen en geleer het. En met verdere suksesvolle
treffers soos “Jy is my huis,” “Country girl van Bloem,” en "Frikkie Vir
’n Rukkie,” het hy nie net sy 'n stem gevind wat sing nie, maar stories vertel,
raakvat, en verenig. En nog vir lank sal. Hoogtepunte: