Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 23 November 2024
Times:
Information: Between: 14h00-16h00! Die gewilde Afrikaanse sanger Ray Dylan is opgewonde
om sy nuutste enkelsnit, “My Ding,” op 21 Junie 2024 vry te stel. Die liedjie
sal op alle digitale platforms beskikbaar wees. Ray Dylan is bekend daarvoor om musiek te skryf wat
aanklank vind by mense deur ware gebeurtenisse uit te beeld. Hy skryf al sy
lewe lank musiek en lirieke wat sy lewenservarings weerspieël. “My Ding” het 'n diep persoonlike betekenis vir Ray
Dylan. Hy glo dat liedjies op die regte tyd en oomblik geskryf moet word, en
hierdie liedjie is spieëlbeeld van die huidige stadium in sy lewe. Die lirieke
het net in plek geval en dadelik reg gevoel vir Ray. Die liedjie is ‘n
huldeblyk aan die ervaring van om die regte "een" te ontmoet en
werklik ‘n lewensmaat of sielsgenoot te vind waarna almal opsoek is. Ray Dylan se boodskap deur “My Ding” is eenvoudig maar
kragtig: Tyd is hopeloos te min om nie die regte besluite te neem nie. As
iemand 'n lewensmaat of liefde soek, moet hulle seker maak en voluit gaan,
eerder as om iemand seer te maak en hul eie tyd te mors. Tyd is geleen en
kosbaar. Op die einde van die dag het ons daai een kans wat verby kom en jy sal
weet. More is dalk net te laat. “My Ding” bevestig Ray Dylan sy posisie as een van die
voorste Afrikaanse kunstenaars, wat sy aanhangers met musiek wat diep resoneer,
bly bekoor.
Ray Dylan se “My Ding” is nie net 'n lied nie, maar 'n
herinnering aan die waarde van tyd en die belangrikheid van opregte liefde.
Hierdie enkelsnit beloof om diep te raak en aanhangers te inspireer om hul hart
en tyd aan die regte mense en dinge te wy.