< < < Back


Nicholis Louw

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!


Date: 27 October 2024

Times:

Information:

Time: 14h00-16h00!

Nicholis vier in 2023, 20 jaar as professionele kunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy word gekenmerk aan energieke musiek, en selfs meer energieke lewendige vertonings. Deur die jare het hy bekend geraak as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars, en die volgende liedjies, onder andere, het diep spore in die geheues van die Suid-Afrikaner getrap:

  • “Rock daai Lyfie”
  • “Generaal”
  • “Maia Hee”
  • “Coco Pops en Kaas”
  • “Vergeet en Vergewe”
  • “Welkom by my Party”
  • “Ek wil my Baby hê Vanaand”
  • “Ons sal jonk bly”
  • “Hier naby Jou”
  • “Bring die Storm”
  • “Sandkasteel”
  • “Voel die Energie”
  • sowel as sy eie weergawe van Prince se “Purple Rain”

ALBUM VERKOPE: Rondom 650 000 eenhede, waaronder:

  • 2 Dubbel Platinum albums (albei hierdie albums het hul Dubbel Platinum status met ‘n addisionele Goue status oorskry)
  • 3 Platinum albums
  • 3 Trippel Goud albums
  • 6 Goue albums

TOEKENNINGS:

  • 2 x SAMA Toekennings
  • Verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings
  • Verskeie Ghoema Toekennings

In 2012 word die groep, “4Werke”, gestig, met Nicholis as deel daarvan. Die groep spog met 3 Goue status albums, en is bekend vir treffers soos:

  • Kyk diep in my oë
  • Hou my stywer vas
  • Jy slaan die wind in my seile
  • Roete na jou hart 

In 2013 word Nicholis een van die 5 oorspronklike KRONE kunstenaars. Hierdie vertoning het gegroei tot monumentale status, en het in 2023 by Loftus gebeur, met rondom 35 000 mense wat dit bywoon.