Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 12 May 2024
Times:
Information: Time: 14h00-16h00! Die sanger met die dimpel-glimlag het bewys sy musiek is oorspronklik, uit die hart en
genotvol. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en persoonlikheid maak hom
gewild by oud en jonk.
Gehard Steyn se nuwe treffer STERRE se vrystelling vind plaas 19 April en sal verseker
groot aanklank vind by sy duisende aanhanger. VAT DIE CRUISER het die land met storm
gevat en met kyke van bykans 4 miljoen op You Tube neem dit steeds daagliks in duisende
toe. PARTYKIEHONDE is kort daarna vrygestel en volg op sy hakke. Sy derduisende
aanhangers ken sy liedjies baie goed, maar is nie altyd bewus dat hy dit self skryf (lirieke) en
die musiek komponeer nie (melodie) en dat hy ook vir ander kunstenaars help skryf. By
AFRIKAANS IS GROOT se afgelope toekennings aand gehou op 28 Februarie ontvang
Gerhard 6 toekennings:
Goud vir die skryf van Lucky Packet Ring.
Goud vir die help skryf van Monumentaal (van Ruhan du Toit).
Platinum vir die skryf van Vir Jou Geval (van Arno Jordaan).
Platinum vir Vat Die Cruiser se musiekvideo.
Dubbel Platinum vir die skryf van Vat die Cruiser.
Dubbel Platinum vir die skryf van Doenit Als vir Liefde (van Ivan Roux).
Hy maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te
tree.) Gerhard het tans 11 (elf) albums op sy kerfstok en saam met lg. het hy die afgelope
3 jaar ook 5 (vyf) enkelsnitte vrygestel. Hy glo dat ‘n sanger nie kan stagneer nie, maar
deurgaans met nuwe, vars en unieke musiek vorendag moet kom. Bykans elke woord kom
uit Gerhard se eie pen, liriek sowel as melodie. As liedjie skrywer is van sy werk deur Ivan
Roux, Dozi, Anais, Helene Bester, Wynand Strydom, Rudi Muller, Ricky Faber en andere
opgeneem.
Buiten sang en optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk, het Gerhard ook ander talente.
As akteur vertolk hy die hoofrol as Will Olwage in die fliek “Forsaken” en daarna die hoofrol
in die Afrikaanse film “Sewentig x 7 saam met Angelique Gerber. Hy vertolk die rol van
JESUS in die aangrypende produksie The Passion of Christ aangebied deur “Christian
Family Church Internasional” en oor die 13 000 mense woon die 4 optredes by.
Gerhard het ook bekendheid onder die kykers as TV aanbieder verwerf. Gerhard Steyn en
die akteur Alvin Bruinders het hul eie TV program: Konings van Kitskos op VIA, Dstv
Kanaal 147. Die program het in 2023 reeds Seisoen 10 uitgesaai. Konings van Kitskos sorg
vir hope pret en vermaak.
Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Sy talent, oorspronklikheid,
potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik. Gerhard het
die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval
nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê.
Gerhard het in sy musiekloopbaan sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn
het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ’n enorme
hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen. Met al hierdie talente en
seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan
Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.
Gerhard se volgelinge op sosiale Media:
Facebook 199 000 & Instagram 44 000.